Local sportSport

Eerste keer in 20 jaar: Kameeldoring Gholfklub verower klubliga-trofee

Die Kameeldoring Gholfspan is onlangs vir die eerste keer in 20 jaar as die wenners van die Limpopo Klubliga finale aangewys nadat hulle die groenveld van die Polokwane Gholfbaan uitgetoets het.

MOKOPANE – Die span is in ekstase oor hul oorwinning teen Chrome, Steelpoort se span.

Spankaptein, Pottie Potgieter, sê hy is baie trots op die spelers.

“Hulle toewyding teenoor mekaar as ‘n span het ons deurgedra.”

Frans Fourie, President van die Kameeldoring Gholfklub, wens die spelers geluk met die beker wat nou op eie bodem pryk. Die span bedank ook hul borge, TDR Services, Mimawize (Pty) Ltd en L&P Earthmoving.

Gholfliefhebbers kan hulself reg maak vir die talle gholfdae en toernooie wat vanjaar by die Kameeldoring Gholfklub gehou gaan word.

Die kalender sien so daaruit:

• 15 Februarie – Down Sindroom Gholfdag.

• 8 Maart – Nyl Boere Gholfdag.

• 10 Mei – NG Hulp en Hoop Gholfdag.

• 19 Mei – AGS Groeipunt Gholfdag.

• 15 Junie – HPP Langnag Gholfdag.

• 21 Julie – Sanlam Cansa Ghofdag.

• 26 Julie – Krugerpark Gholfdag.

• 4 Augustus – CVO Gholfdag.

• 19 – 22 September – Kameeldoring Gholf Toernooi en Musiekfees.

• 11 Oktober – DLU Gholfdag.

• 20 Oktober – Ladies Classic.

• 17 November – Bushveld Classic.

• 8 Desember – Kameeldoring Xmas Gholfdag.

Volgens Nadiene Brews, Klubbestuurder, sal daar elke Woensdag ‘n Rainbow IPS kompetisie plaasvind en elke tweede Vrydag ‘n ‘Ladies Wine & Nine’.

Die eerste ‘Ladies Wine & Nine’ kompetisie word op 9 Februarie om 14:00 gehou.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button