Local sportSport

Glen (17) toer saam met Titans Cubs

Na afloop van die o/19 Khaya Majola Krieketweek in Desember, is Limpopospeler en Hoƫrskool Pietersburg leerder, Glen Groenewald (17), vir die Multiply Titans se o/19-Cubsspan gekies.

POLOKWANE – Dus is dit geen wonder dat hy homself as ‘n top orde kolwer en bouler ag nie. Hy is ook tans die jongste speler wat tot diĆ© span verkies is.

“Dit is ongetwyfeld die hoogtepunt van my krieketloopbaan.

“Elke keer as ek terugdink aan my insluiting vir die Titans Cubs-span, spring daar gevoelens van trots en nostalgie op.

Lees ook: PHS dra T20-kroon

“Die Titans is een van diĆ© mees gevestigde krieketname in Suid-Afrika met ‘n groot wen-kultuur.

“Ek kry hoendervleis elke keer wanneer ek die kenmerkende blou klere aantrek. Hierdie is ‘n ervaring wat ek vir altyd sal onthou,” vertel hy.

Al die provinsies word tydens die krieketweek verteenwoordig deur verskeie o/19-spelers en ses spanne, uit al die plaaslike konsessiegroepe, word gedurende die week gekies om aan die Cubs-week deel te neem.

Glen se rolmodelle is ondermeer Engeland se Joe Root en Suid-Afrika se Aiden Markham.

“Ek leer baie van Root en hoe hy die spel benander. Markham het ook voorheen aan die Cubs o/19-toernooi deelgeneem en wat hy al bereik spoor my aan om ook hard te werk.

“Daarby beteken die insluiting by die Titans se Cubs-span vir my dat ek dalk nader aan my droom is as wat ek besef,” vertel hy.

Hy verduidelik hy is daarop gerig om ‘n suksesvolle loopbaan uit sy liefde vir diĆ© sportsoort te skep en sal eers na sy skoolloopbaan diĆ© roete aanpak.

Glen en die Titans Cubs-span neem nou aan Krieket Suid-Afrika se nasionale o/19 Cubs week in Stellenbosch deel, wat op Saterdag, 13 Januarie eindig.

roelof@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button