MOKOPANE – Die afrigter van die nuwe stoeiklub Brave Wrestling Mokopane, Hanru Botha, het in Desember sy gewig tydens die Statebond Stoeikampioenskappe in Carnival City, Johannesburg laat tel.
Rudi Botha, Hanru se pa wat die afrigter was vir die Senior Proteas, sê: “Hanru wil vanjaar al sy fokus op stoei werp en dit is hoekom hy aan dié kampioenskappe deelgeneem het. Hy het algeheel vierde geëindig”. Hanru het ook in ‘n dubbelspan teen Sushil Kumar ‘n wêreldkampioen en Olimpiese medaljehouer, en Parveen Rana, junior wêreldkampioen en Grand Prix wenner, gestoei.
“Hanru het baie goed gestoei en ons hou duimvas dat hy vir vanjaar se Statebondspele gekies word”.
Volgens Rudi is Hanru se aandag intussen by die nuwe klub in Mokopane en kan belangstellendes Hanru of Rudi by 083 605 4487 of 083 229 7956 kontak indien hulle wil aansluit.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za