Local sportSport

Muurbalklub gerat vir ’18-seisoen

Die Kameeldoring Muurbalklub het onlangs sy bestuur aangewys vir 2018.

MOKOPANE – Die Voorsitter is Robert Abrahamse en Ondervoorsitter Freddie van Eyk. Daléne van Eyk is die sekretaresse.

Die klub wys daarop dat ledegeld vir aanstaande jaar R650 per lid per jaar is.

Skoliere gaan R330 per jaar opdok. Die ligtegeld is R10 vir 30 minute se spel en die nuwe ‘tags’ kos R120.

Die klub bied egter ‘n spesiale heraansluitfooi vir sy lede.

Indien die lede tussen 1 en 15 Desember betaal, sal hulle weer dieselfde fooie as vanjaar betaal.

Hernuwings en aansluitings kan by Vuvuzela Cash Loans in Ruiterweg oorkant Stan Boutique gedoen word.

Onthou om twee identiteitsfoto’s saam te bring vir ‘n lidmaatskapkaart.

Die klub beoog om aanstaande jaar elke tweede maand ‘n sosiale rondomtalie te hou vir beginners, die meer gesoute spelers, kinders en selfs vir nie-lede.

Die klub wil ook aanstaande jaar ‘n junior kampioen aanwys aangesien daar groot belangstelling onder skoliere is om die sportsoort te beoefen.

Indien daar genoeg belangstelling is, sal ‘n vroueliga ook gehou word.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button