Mericha Hattingh is beslis een om dop te hou

Mericha Hattingh het na die Audi Fast Bowler Challenge se finale rondte wat Saterdag, 21 Oktober plaasgevind het, deurgedring.

POLOKWANE – Die inisiatief is deur Audi en Krieket Suid-Afrika (CSA) asook die Proteas se voormalige snel- en ontwikkelingsghoeroe, Mfuneko Ngam, gelei.

Lees meer: Audi and CSA bring quest for fast bowler to Polokwane

Mericha het drie jaar gelede besluit om aan aksiekrieket deel te neem en het vanjaar besluit om by haar skool se krieketspan aan te sluit.

Merichia Hatting in aksie tydens die Audi Fast Bowler Challenge se finale rondte.

Sy is ‘n leerder van Hoërskool Pietersburg en speel vir die o/16-Limpopospan.

Lees meer: Bowlers give their thoughts on the Audi Q5 Fast Track Challenge

“Ek boul liewer en daar is geen ontkenning daarvan nie. Vir my is dit die lekkerste gevoel wanneer ek iemand kan uitboul. Krieket is vet pret,” spog sy.

Mericha Hattingh in aksie vir die PHS meisieskrieketspan. Inlas: Mericha Hattingh dring deur na die Audi Fast Bowler Challenge se finale ronde.

Sy deel graag hoe sy tydens die ronde goeie raad ontvang het wat sy toe gedurende die spel toegepas het. “Dit was ‘n ongelooflike ervaring om daar te kon wees tussen van die land se beste spelers en by hulle oor die spel waarvoor ons almal so lief is te leer.”

Bo en behalwe krieket, neem sy aan netbal, hokkie en tennis deel. “Ek is uiters trots op haar en het in my wildste drome nooit kon dink dat sy so goed sal presteer nie. Ek sê altyd met harde werk sal ‘n mens die vrugte pluk. Neem deel en wees deel van iets. Ek is ook dankbaar vir die mense wat die talent in haar gesien het en vir die ongelooflike voorreg om gekies te word vir die o/16-Limpopospan,” vertel haar ma, Yolandé.

Merichia Hatting in aksie vir die PHS meisies krieketspan.

Alhoewel Mericha nie gewen het nie, is sy baie tevrede met haar verkiesing en beplan sy om na skool met die sportsoort voort te gaan.

Mericha moedig ander aan om die sportsoort te beoefen met die hoop dat meer geleenthede vir meisies en vroue wat ‘n passie vir die sportsoort het sal voortspruit.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version