Costa Brava ‘drafvakansie’

Vir meeste mense is 'n vakansie 'n rustige tyd by die strand, maar vir die Polokwane Atletiekklub is dit Running Costa Brava.

POLOWKANE –  Dit is ‘n vakansie waarin individue deur sekere toeriste-aantreklikhede hardloop.

Volgens Santa van Heerden, ‘n lid van die Polokwane Atletiekklub, is sy oor Costa Brava deur ‘n vriendin vertel. “Nadat ek van die soort vakansie gehoor het, het ek dit aan ‘n paar van my vriende voorgestel. Ons het besluit om ‘n vierdag vakansie aan te pak en het dus van 4 tot 7 September gehardloop,” vertel sy.

Die groep, bestaande uit ses drawwers vanaf Polokwane, het ook ‘n addisionele twee vanaf Pretoria ingesluit.

“Die paar wat dit gereël het se name is Pablo en Christina. Pablo hardloop saam met ons, soms met sandale aan en soms kaalvoet. Christina sorg altyd dat ons bagasie by die volgende oorslaapplek kom. Dit klink asof ons vreeslik ver gehardloop het, maar dit was nie so erg nie. Ons het elke dag tussen 18 km en 28 km oor verskillende terreine gehardloop.

Een van die tereine wat die hardlopers moes aan durf. (Foto: Verskaf)

Soms was ons in ‘n woud en ander kere langs die see. Ons het by verskillende dorpies om gehardloop en soveel interessante plekke gesien. Ons is altesaam deur agt verskillende dorpies,” vertel sy.

Santa nooi inwoners uit om die Running Costa Brava vakansie te probeer. “Ons beveel dit vir almal aan en sal dit verseker weer doen. ‘n Mens sien plekke wat jy nooit sou sien as jy met ‘n voertuig gery het nie. Met ‘n voertuig ry jy dalk ‘n plek mis, maar met die hardloop vakansie hardloop jy hom raak. Volgende keer wil ons ‘n groter groep van ons eie mense saamneem.

“Ons het elke dag heerlike etes gekry en in hotelle geslaap,” vertel Lynette.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version