Local sportSport

HPP sewes-speelers gaan naam maak in Dubai

Twee knap rugbyspelers van Hoërskool Piet Potgieter is vir die 7's African Knights se o/19-span gekies, wat in Dubai aan die HSBC Wêreld Sewesreeks gaan deelneem.

MOKOPANE – Bo en behalwe die twee spelers wat deel is van die span, is ‘n onderwyser en rugbyafrigter van HPP, Renier Labuschagne, vir die tweede agtereenvolgende jaar as afrigter vir die African Knights 7’s gekies.

Labuschagne sê dit is vir hom ‘n groot eer. “Ek sien dit as ‘n geleentheid om my kennis te ontwikkel en ‘n verskil in die seuns se lewe te maak.”

Labuschagne sê hulle het die naweek aan die Grizzly toernooi deelgeneem en in vier wedstryde gespeel. Die eerste wedstryd klop African Knights vir Oryx met ‘n telling van 28-5. In die tweede wedstryd speel African Knights gelykop teen Tuks 14-14 en in die derde wedstryd klop African Knights vir Stanza met 34-7. In die finale wedstryd speel African Knight weer teen Tuks en klop Tuks met 12-7.

Volgens Labuschagne is dit slegs geselekteerde spelers wat deur die loop van die jaar tot die span verkies word en hy is baie trots op SW Bruwer en CG Kruger. Dit is voorwaar ‘n merkwaardige prestasie en ‘n bewys van die twee seuns se rugbytalent. Labuschagne sê Bruwer en Kruger is die jongste in die span en het teen sterk jongmanne vir ‘n plek in die span meëgeding. Die span toer na Dubai vanaf 27 November tot 4 Desember waar hulle teen spanne van regoor die wêreld te staan gaan kom en hulle rugbyvernuf gaan moet wys. “Die seuns is baie opgewonde en tel die dae af om die vliegtuig te klim na Dubai.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button