Local sportSport

Zani’s se top 26 gimnaste na SA Gimnastiekspele

Dié gimnaste gaan vanaf 4 tot 7 Oktober in Pretoria aan dié kompetisie deelneem.

POLOKWANE – Zani’s Gymnastics Academy stuur vanjaar 26 van hul gimnaste om aan die jaarlikes South African Gym Games te gaan deelneem.

“Hierdie seniorgimnaste wat deurgedring het na die kompetisie is Zani’s se room van die oes en elkeen spog reeds met ‘n aantal medaljes wat hulle gedurende die afgelope Limpopo-kompetisies opgeraap het,” vertel Zani Prinsloo, eienaar van Zani’s Gymnastics Academy.

Foto: Zanis Gymnastics Academy (Facebook)

Sy voeg by dat die gimnaste almal onder die top vier in hul onderskeie afdelings in Limpopo geëindig en Limpopokleure verower het. Hulle is almal vlak 4 tot vlak 7 gimnaste.

Die Limpopowenners in hul onderskeie afdelings was Isabella Baker, Sanja Pretorius, Monene Anker, Sebastiaan Austin, Kamogelo Rangoato, Martin Botha en Liam Botha.

“Alle gimnastiekdissiplines word deur gimnaste vanuit al nege provinsies verteenwoordig. Ons wens al ons gimnaste, afrigters en beoordelaars sterkte toe vir die kompetisie en ons vertrou hulle sal ons breëbors van trots laat.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button