Local sportSport

Potties gerat vir stryd – toeskouers is welkom

'n Taai stryd word verwag wanneer Potties se rugbyspanne Saterdag tuis teen Goldwagen Noordelikes van Polokwane uitdraf.

MOKOPANE – Dit is die tweede keer dat die spanne mekaar aanvat. Vroeër vanjaar het die Fire-Quip Potties eerstespan Noordelikes met 54-26 geklop.

Potties se eerstes lê nou tweede in die Boet Fick Liga met Northam bo. Potties se tweedespan is derde in hulle afdeling.

Die rugbyklub sê dankie vir die senter, Anthony Hawken wat sy uittrede aangekondig het. Hawken het waardevolle werk vir die span op die veld gedoen en sal gemis word.

Die afskop vir die tweedespanne is 15:30 en die eerstes draf daarna om 17:00 uit op Hoërskool Piet Potgieter se veld.

Toegang is R10 per persoon. Toeskouers is welkom om hulle koelerhouers saam te bring en om ‘n vleisie langs die veld te kom braai.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button