Top Comrades atlete van Mokopane

Die langasematlete sê dit was nie maklik om die opdraande van Durban na Pietermaritzburg kaf te draf nie.

Altesaam vyf atlete van die Potties Atletiekklub spog met brons medaljes na die Comrades Marathon wat op Sondag, 4 Junie gehardloop is. Nog nege atlete het Vic Clapman (koper) medaljes verower.

Die langasematlete sê dit was nie maklik om die opdraande van Durban na Pietermaritzburg kaf te draf nie.

Hulle het behoorlik geswoeg en gesweet teen die opdraandes uit, maar is tevrede met hulle tye.

Die atlete wat brons medaljes verower het, is:

Lucas Khalo was die eerste atleet van die Potties Atletiekklub, in ‘n tyd van 09:11.

Estelle Geerkens (10:10)

Sarie Coetzee (10:54)

Johannes Molokomme (10:58)

Aubrey Baloyi (10:58).

Die volgende atlete het ‘n Vic Clapham medalje ontvang:

Annemari Kruger (11:23)

Rudine Jansen van Nieuwenhuizen (11:23)

Cheraye Engenbrecht (11:32)

Philbert Seabela (11:32)

Kahtija Essack (11:42)

Collins Bopape (11:45)

Josephine Sekhaolelo (1147)

Elmarie Badenhorst (11:54)

Frans Makhubedu (11:57)

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version