Local sportSport

Potties klop Letaba

Daar was geen keer aan die agterlyn van Potties se eersterugbyspan wat soos 'n wegholveldbrand laat waai het teen Letaba.

MOKOPANE – Die agterspelers van die eerstespan sorg verlede Saterdag vir 10 drieĆ« op die veld van HoĆ«rskool Piet Potgieter en wen Letaba met 60-19.

Potties se skrumskakel, JG Duvenhage vat sy opponent vas.

Die Fire-Quip Pottiesspan is aan die brand in die Boet Fickliga en maak van elke wedstryd gebruik om hulle self op te skerp vir die uitspeelwedstryde wat later voorlĆŖ. Die wedstryd was in ‘n goeie gees gespeel en Letaba het selfs drie keer agter Potties se doellyn gekuier.

Die wedstryd was vinnig op dreef en teen halftyd was die telling reeds 43-7 in Potties se guns. Potties speel graag in makliker wedstryde hulle jong opkomende spelers om hulle sodoende die nodige blootstelling op hierdie vlak te gee. Die jongmanne het hulle hande opgesteek en hulle waarde tot die klub gewys. Wikus Pretorius is as voorspeler van die wedstryd aangewys en Adriaan Laidlaw as agter- en algehele speler van die wedstryd.

Drieƫ is gedruk deur Collin Steyn (1), Hans du Plessis (2), Anthony Hawken (2), Adriaan Laidlaw (2) en Juan Nel (3). Jan Vorster en Anthony Hawken verdoel elk twee drieƫ.

Potties se tweedespan sorg ook vir ‘n eerste wen die seisoen met die eindtelling 42-7. Die voorspelers het van die afskop af die skrums en afbreekpunte gedomineer en die agterlyn het gesorg vir goeie balverspreiding

Potties druk agt drieƫ toe Ruan Potgieter (2) Paul Grobler (2), Terrance Makgwale, Dirkie Oosthuizen, LƩan Lensley en Daantjie Bruwer agter die pale gaan kuier.

Die klub sĆŖ in ‘n persverklaring met al die nuwe geesdrif behoort die tweedespan die uitspeelwedstryde te haal. ‘n Spesiale dank aan al die afrigters, asook die hoofborg Fire-Quip, Wimpy en Pro-Plum Orchids.

Die eerstespan van Potties Rugbyklub. Links agter is Johan Kirchner, eienaar van Wimpy wat ‘n borg is en regs agter is Tienie du Plessis, ‘n verteenwoordiger van Pro-Plum Orchids wat ook ‘n borg is. Links is Ockie Groenewald (spanbestuurder) en voor is die afrigters Douw Oosthuizen en SJ Jonker.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button