Hier deel 17 000 mense ‘n passie

"Wat 'n voorreg om op 4 Junie die strate van Durban te kon deel met meer as 17 000 mense van regoor die wêreld." - Annemari Kruger

“Wat ‘n voorreg om op 4 Junie die strate van Durban te kon deel met meer as 17 000 mense van regoor die wêreld.

Die afwagting en persoonlike reistogte van soveel mense, kulture en tale. Vir elkeen van ons bly die Comrades Marathon ‘n persoonlike tog. Absolute dankbaarheid vir gesondheid en die verwondering oor die uiterste vermoeë van die menslike liggaam. Hier deel mense ‘n passie en grense tussen verlede, beroepe, politieke en christelike oortuiging vervaag.

By die Comrades deel almal die verwagting, uitputting en pyn. Die maande van oefen wat hierdie groot dag voorafgaan word ‘n leefwyse en baie van die wedlope waaraan ons deelneem word hoogtepunte. Ek was ook een van die duisende wat elke jaar Comrades op televisie gevolg het. Nooit gedink dat ek die dag sou beleef wat ek deel van daardie emosionele klomp mense word, en die vele tradisies van Comrades-dag eerstehands sal beleef. Geen woorde kan regtig beskryf hoe oorweldigend die dag word. Dit is wel daardie ” belewenis” , om voluit te kan “wees” , wat maak dat ek hoop om volgende jaar weer daar te staan.”

Annemari Kruger

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version