Local sportSport

39 medaljes vir karatekas

Die karatekas van die LPSKKA Sport Karate en Skopboks Akademie het Saterdag in Kemptonpark na afloop van die inter-provinsiale WAKO kampioenskap met 'n rits medaljes teruggekeer.

POLOKWANE – Een van die studente se afrigters, Nico Myburgh (senior), sê is hy baie tevrede met die akademie se studente.

“Hierdie inter-provinsiale kampioenskap is gewoonlik baie taai en Saterdag was geen uitsondering nie.

“Die kampioenskap is straf omrede dit as ‘n voorbereidingsgeleentheid dien vir die Suid-Afrikaanse skopbokskampioenskap wat in Oktober in die Wes-Kaap gehou gaan word.

“Hierdie nasionale kampioenskap word beskou as een van die grootste Oosterse gevegskunskampioenskappe in Suid-Afrika,” sê Myburgh.

Myburgh is nie net vol lof vir sy ervare deelnemers wat medaljes gewen het nie, maar ook vir die minder ervare- en beginnerstudente wat medaljes verower het.

Volgens Myburgh het sy klub se studente 39 medaljes teruggebring, waarvan 17 goud is, 16 silwer en ses brons. Myburgh het ook sy dankbaarheid aan die akademie se bestuurskomitee en ondersteuners uitgespreek wie die deelnemers van die inter-provinsiale kampioenskap aangemoedig het.

Die studente wat medaljes verower het is:

• Francois Botes – een goud, een silwer.

• Liam van Staden – twee goud.

• Jason Vogel – een silwer.

• Chris Joubert – een goud, een silwer.

• Mitch Petzer – een goud, een silwer.

• André Joubert – twee goud.

• Sensei Danny Janse van Vuuren – een brons.

• Christo Nortman – een goud, een silwer.

• Riaan Harmse – een goud, een silwer

• Sensei Maryna Peyper – een goud, een silwer.

• Monika van Zyl – een goud.

• Wihaan Deysel – een silwer, een brons.

• Juanice van der Merwe – twee goud.

• Mariska Groenewald – een silwer.

• Eliuze Pretorius – een silwer.

• Zoe Jansen – een goud.

• Leandri Peyper – twee goud, twee silwer.

• Caitlen Nortman – twee silwer.

• Zachary Tereblanche – een silwer, een brons.

• Herman Niemann – twee silwer, een brons.

roelof@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button