Karatekas vaar goed in Johannesburg

'n Aantal karatekas van die JKA Pietersburg Karateklub het Limpopo onlangs in Johannesburg verteenwooordig toe hulle aan die Suid-Afrikaanse JKA kampioenskap deelgeneem het.

POLOKWANE – ‘n Aantal van die klub se karatekas het medaljes verower. Volgens JKA Pietersburg se afrigter, sensei Piet van Rensburg, is hy baie tevrede met sy karatekas se prestasies, veral in die lig daarvan dat sowat 3 000 van die beste JKA-styl karatekas in Suid-Afrika deelgeneem het, en dat die kompetisie van ‘n baie hoë standaard is. Van Rensburg sê JKA Pietersburg se karatekas het 23 medaljes by dié kampioenskap verower.

Medaljes:

• Koos Hartzenberg – goud vir kata en silwer vir kumite.

• Marisa Claassens – silwer vir kata en kumite.

• Ben Vorster – brons vir kata.

• Chris van Rensburg – brons vir spangevegde.

• Kevin van Wyk – silwer vir kumite en brons vir kata.

• Abhinav Kaipamangalath – silwer vir kumite en brons vir kata.

• Paul Snyman – silwer vir kata.

• Henri Purcocks – brons vir kumite.

• Stephan van Rensburg – goud vir kata en brons vir kumite.

• Anica Badenhorst – brons vir kata.

• Leandré Coetzee – brons vir kata en vir kumite.

• Emmanuel Manaka – goud vir kumite.

roelof@nmgroup.co.za

Exit mobile version