Local sportSport

Ringbalklubs se juniors meet kragte op baan

Die twee plaaslike ringbalklubs van die stad, Parke en Jakaranda, se junior ligaspanne in die Limpopo ringballiga, het Maandag kragte gemeet.

POLOKWANE – Volgens Vicky Lombard, afrigter van Parke Ringbalklub, is dit slegs Polokwane se twee klubs en die van Tzaneen wie junior spanne het wat aan die junior liga deelneem.

Lombard sê die klubs se bestaande spelers word nie jonger nie en daarom word die juniorspelers gebrei vir die toekoms.

Volgens Lombard het sy slegs ‘n handjievol spelers begin afrig, maar meer spelers het intussen begin deelneem aan die sport en dit voorspel ‘n blink toekoms vir ringbal en vir die klubs se bestaan.

Die juniorspelers van Jakaranda het in Maandag se wedstryd die oorhand oor hul opponente gewin en met ‘n telling van 18-8 in hul guns uit die stryd getree.

roelof@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button