Local sportSport

Rugbyvoorbok sprei sy vlerke oorsee

David Human, 'n 16-jarige rugbyvoorbok van Hoërskool Piet Potgieter, is onlangs uitgenooi om as deel van die o/19 All Stars 7's in Dallas in die VSA uit te draf.

MOKOPANE – Hierdie flank, haker of ‘sweeper’ vertel dat hy nie altyd van rugby gehou het nie en dat die gogga hom eers in gr. 3 gebyt het. Hy hoop om na skool ‘n rugbybeurs op te raap maar indien nie, wil hy BCom rekeningkunde studeer.

“Dit is vir my so ‘n groot voorreg om gekies te word as deel van die All Stars 7’s span. Dit is ‘n eens-in-‘n-leeftyd geleentheid,” sê David. Hy vra die gemeenskap om hom, finansieël te help om die nodige fondse bymekaar te kry om hierdie wonderlike geleentheid aan te gryp. Die koste van die toer beloop R30 500, maar hy wil graag R50 000 insamel sodat hy sakgeld kan saam neem want die spelers moet self sorg vir een ete ‘n dag.

David Human laat waai met die bal.

Die toer vind plaas vanaf 11 tot 20 Julie en die program fokus op oefening, afrigting en bevordering van die spelers tot op wêreldstandaard. Die program word beheer deur Ludwiche van Deventer. Hy vertel opgewonde die lekkerste van rugbyspeel is om agter die pale oor te duik vir ‘n drie en om erkenning te kry vir sy goeie spel.

David se pa, DF, vra besighede om hulle beursies en harte oop te maak vir sy seun. Hy sê dat hulle met ‘n lootingprojek begin het en die kaartjies is te koop by J&S Slaghuis en die Bold & Beautiful Salon. Dit kos R100 ‘n kaartjie en die wenner kan ‘n beesagterkwart wen. Vir kaartjies of om te help kontak gerus vir DF by 082 575 5290.

David Human het al voorheen vir die All Stars 7’s span in Namibië gespeel. Hier is hy en sy spanmaats saam met van die o/20 Springbok 7’s rugbyspelers.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button