Local sportSport

Meesters van die netbalbaan gaan oorsee deelneem

Vlug op die voete en behendig met 'n bal, dit is dié drie senior netbalspelers van Mokopane wat oorsee gaan meeding, beslis.

MOKOPANE – Die drie spelers, Retha Groenewald, Riana van Wyk en Denise Hall, gaan van 21 tot 30 April in Nieu-Seeland hulle talent wys as deel van die Suid-Afrikaanse Eagles netbalspan.

Die spelers gaan by die World Masters Games in Auckland in Nieu-Seeland teen verskeie ander lande se spanne meeding.

Die World Masters Games staan ook bekend as ‘n mini-Olimpiese Spele, sê Groenewald. Daar is 28 verskillende sportsoorte waarin meegeding kan word en slegs diegene 40-jaar en ouer mag deelneem.

Die spele word elke vier jaar gehou en sowat 80 verskillende lande se spanne neem deel.

Groenewald sê dat hulle vir die Suid-Afrikaanse netbalspan gekies is nadat hulle verlede jaar in ‘n meestersnetbalkompetisie hulle staal gewys het. “Ons speel almal van kleintyd en is gek na die spel. Ons kom so nou en dan bymekaar om te oefen en ken die spel al op die punte van ons vingers,” skerts Groenewald wat al talle keer oor die water gaan deelneem het.

Die drie spelers behoort tans nie aan ‘n plaaslike netbalklub nie.

Groenewald sê die spanne van Australië en Nieu-Seeland is hulle grootste uitdaging en hulle hoop dat die Suid-Afrikaanse span hulle vanjaar ore gaan aansit.

Van Wyk en Hall is opgewonde want dit is die eerste keer dat hulle in die buiteland netbal gaan speel.

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button