Potspelseisoen skop af met ligas

Die 2017 potspel-liga het onlangs afgeskop en die eerste wedstryde is al gespeel.

POLOKWANE – “Die Maandagliga het reeds begin en ons beplan om ook die Saterdagliga binnekort te begin. Daar is 10 spanne in elk van die liga’s wat deelneem. Die liga sal tot September of Oktober duur waarna ons die provinsiale uitdunne sal hou,” het Naas Vorster van die Limpopo Pool Klub gesê.

Die klubs wat aan die liga deelneem is Mimosa Klub, Six Miles, Noordelikes Rugbyklub, Soetdorings Buiteklub, Gamblers Saloon, Upstairs Pool and Sportsbar, Blue Moon, en miskien Rainbow.

Die Universiteit van Limpopo het drie spanne ingeskryf vir die Saterdagliga.

“Tot en met einde Junie kan ons nog addisionele liga’s begin sou daar nog spelers wees wie belangstel. Die addisionele liga’s sal wel op ‘n individuele basis gedoen word en nie in spanformaat nie,” verduidelik Naas.

‘n Minimum van agt spelers is nodig vir ‘n individuele liga. Die formaat laat toe dat mense met hulle eie potspeltafels ook betrokke kan raak want die liga hoef nie alleenlik net by ‘n klub gespeel te word nie.

Indien daar enige belangstelling is in verband hiermee kan jy Naas Vorster by 083 635 0586 of naas@f2f4u.co.za kontak vir meer inligting.

riana@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version