PHS-oumannespan soek jou

Dit is amper weer tyd vir die Bosveld Intervarsity en daarby stap die tyd vir die voorskouwedstryd tussen die oumanne ook nader.

POLOKWANE – Die Bosveld Intervarsity is verlede jaar vir die eerste keer na 12 jaar weer hervat en het behoorlik die stad aan die gons gehad.
Hoërskool Pietersburg (PHS) is vanjaar die gasheerskool en die voorskouwedstryd gaan op dié skool se sportvelde op 27 Mei gespeel word.
Die reëls vir diegene wie vir die oumanne span wil speel is as volg:
1. Jy moet 25 jaar en ouer wees.
2. Jy moes aan PHS gematrikuleer het.
Om in aanmerking vir die oumannespan te kom, stuur ‘n e-pos aan sport@pieties.co.za.
Die e-pos moet die volgende inligting bevat:
• Naam en van.
• Geboortedatum.
• Jaar by PHS gematrikuleer.
• Posisie wat jy speel.
• Kontaknommer.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version