Local sportSport

Wouter: toekomstige Springbok?

Hy vertel dat sy beste wedstryd tot dusver verlede jaar plaasgevind het in die finaal van die Assupol reeks toe hy 'n drietal gedruk het.

POLOKWANE – Wouter de Villiers is in 2016 vir die tweede agtereenvolgende keer as driedrukker van die jaar by Goldwagen Noordelikes Rugbyklub aangewys en vertel dat dit vir hom oor baie meer as om net met die bal in die hand oor die doellyn te duik.

“Ek hou daarvan om die drie te maak, meer as wat ek daarvan hou om hom letterlik te gaan druk. Ek is ook aangewys as beste agterspeler van die jaar. Ek is nie lief daarvoor om ander spelers te duik nie.”

Hy vertel dat hy reeds op ‘n vroëe ouderdom met rugby begin het toe hy Bulletjierugby gespeel het. Later het hy by Pietersburg Laerskool en later by Hoërskool Pietersburg in die eerste spanne gespeel.

“Op laerskool het ek buite-senter gespeel en op hoërskool losskakel. Later was ek ook senter.”

Hy het reeds as o/16-speler by die Pietersburg Dorp Rugbyklub aangesluit en in 2011 by Goldwagen Noordelikes begin speel.

Die rede vir die skuif, vertel hy, was omdat hulle meer spanne gehad het en hy kon vir die o/21 span uitdraf. Nou draf hy vir die eerste span uit.

“My resep vir sukses is om hard te werk en ek ‘gym’ ook gereeld saam met my afrigter, Freek Romijn. Ek gaan oefen gereeld alleen op die veld, waar ek die bal skop.”

Hy vertel dat hy tans in die beste vorm is wat hy nog was en dat dit te danke is aan sy afrigter.

“Ek het die geleentheid gehad om saam met die Emirates Lions te speel en dit was ‘n wonderlike ervaring. Hulle is in ‘n ander liga en speel soveel anders as ons.”

Wouter ondersteun die Toyota Cheetahs en sy gunsteling speler is Francois Hougaard.

“Hy is een van daardie spelers wat ‘n mens enige plek op die veld kan sit en is ‘n goeie 15-man en sewesspeler. Hy doen baie ekstra werk.”

Sy slegste wedstryd was dieselfde jaar toe hy binne die eerste vyf minute van ‘n wedstryd sy bladbeen gebreek het.

“Dit het gevoel of ek die res van my span in die steek gelaat het. Ek geniet dit om te speel as daar baie toeskouers is en ek is dankbaar dat daar altyd soveel van my familie en vriende is wat kom kyk hoe ek speel.

Wouter is ook ‘n groot aanhanger van sokker en speel Dinsdae aande aksie sokker. Hy vertel dat sy eintlike droom is om ‘n sokker speler te wees en dat Christiano Ronaldo sy rolmodel is.

“Ek wil net vir Freek Romijn dankie sê vir die goeie afrigter wat hy is en vir die geleenthede wat hy vir my skep.”

Wouter verhuis binnekort na Thabazimbi waar hy vir die seisoen vir die Rhinos gaan speel.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button