Local sportSport

Tuis op ‘n stoeimat

Marie Oosthuizen is deel van 'n Protea o/20-span wat haar slag van 24 tot 30 April op die stoeimat gaan wys teen Afrika se beste junior stoeiers.

MOKOPANE РMokopane se voorste stoeier is fiks, flink op haar voete en slaggereed om haar teenstaanders by die Afrika Stoeikampioenskappe in Marrakech, Morocco te gaan uitoorl̻.

Marie Oosthuizen is deel van ‘n Protea o/20-span wat haar slag van 24 tot 30 April op die stoeimat gaan wys teen Afrika se beste junior stoeiers.

Dit is die tweede keer dat sy aan die Afrika Stoeikampioenskappe gaan deelneem en die keer weet sy wat op haar wag. Marie vertel sy het op 25 Februarie in Secunda tydens die SA proewe al haar wedstryde in die senior- en juniorafdelings gewen.

Sy was daarna by ‘n oefenkamp wat in die High Performance Sentrum by Tukkies gehou is, waar haar vaardigheidsvlakke, krag en spieruithouvermoë getoets is.

“Ek is fiks en gereed om my beste oorsee te gaan gee.”

Die Afrika kampioenskappe gee Marie ook die kans om te kwalifiseer vir die Wêreldkampioenskappe wat later vanjaar in Finland gehou word. Dit sal haar tweede keer wees as sy weer hiervoor gekies word. Marie het op vyfjarige ouderdom begin stoei en vandaar het sy die een na die ander medalje en titel ingeryg.

Sy is een van die land se beste jong stoeiers wat oor die jare bewys het sy word nie maklik op die mat geklop nie.

Marie bedank haar afrigter, Japie Snyders van die Potties Stoeiklub vir sy harde werk en haar pa, Bertus, wat haar grootste ondersteuner is.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button