Gee pad voor almal, hier kom Potties se eerstes

Die span het Cullinan met 45-6 geklop nadat sewe prag drieë gedruk is en vyf verdoel is.

Potties Rugbyklub se eerstespan het Saterdag sy eerste wedstryd van die jaar op sy tuisveld gespeel en gewys hulle is gereed om verlede jaar se goeie seges voort te sit.

Die span het Cullinan met 45-6 geklop nadat sewe prag drieë gedruk is en vyf verdoel is.

Die voorspelers het veral in die skrums gedomineer en heelwat vasskoppe gehak. Met die agterlyn op spoed het Cullinan lelik les opgesê. Wikus Pretorius, voorheen vleuel, het in sy eerste wedstryd op slot sommer twee drieë gedruk en is as voorspeler van die wedstryd aangewys.

In die agterlyn het Potties se vinnige Onderkaptein, Hans du Plessis, uitgeblink en twee drieë gedruk. Hy is as speler van die wedstryd gekroon. Die ander puntemakers was Renier Labuschagne, Juan Nel en Jan Vorster. Anthony Hawken het vyf drieë verdoel.

Die klub sê die twee afrig

ers, SJ Jonker en Douw Oosthuizen, is ‘n groot aanwins en die belangrikste is dat die spelers die spel geniet. Die volgende wedstryd is op 4 Maart teen Wits op hulle velde.

Die klub bedank die gemeenskap vir hulle wonderlike ondersteuning, asook Hoërskool Piet Potgiete vir die gebruik van hulle veld en geriewe en die Limpopo Skeidregtersunie wat altyd gereed staan om die wedstryde te hanteer.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version