Enjins brul op die baan

Die klub bedank die publiek wat ondanks die dreigende weer, soos oudergewoonte die sportsoort kom ondersteun het.

Ondanks voorspellings dat die tropiese sikloon Dineo ook hier vir swaar weer gaan sorg, het die enjins goed gebrul en is daar tot laataand om die Ovaalbaan buite Mokopane gejaag.

Karien Ruytenberg van die Bosveld Wedrenklub sê die weer het mooi saamgespeel en dit was ‘n baie lekker en opwindende wedren wat Oval Polokwane hier kom aanbied het.

Die jaers het mekaar goed opgekeil.

“Die renjaers het hard gery om punte bymekaar te maak.”

Polokwane Oval se Junior Stockrod kampioen, Roean van Breda, het in die oefenrondte hard met die muur kennis gemaak en kon hy nie aan die aand se wedrenne deelneem nie.

Soos oudergewoonte is die aand met die ‘Butcher’s Race’ afgesluit en ongelukkig het ‘n paar motors in die slag gebly. “Gelukkig is niemand beseer nie en ons weet die manne is reeds hard besig om die motors weer te herstel vir die volgende wedrenne,” sê Karien.

Aan die einde van die aand is die wenners beloon.

Die klub bedank die publiek wat ondanks die dreigende weer, soos oudergewoonte die sportsoort kom ondersteun het. Hulle bedank ook almal wat hard werk om so ‘n byeenkoms moontlik te maak, asook die borge wat help dat die klub vorentoe kan gaan.

Die Ninja midgets wenners spog met hulle trofeë. Foto’s: Verskaf

Die volgende wedrenne vind op Saterdag, 25 Maart, plaas en almal is welkom.

Die uitslae was as volg:

Ninja midgets:

1. Marlie Saaiman (Polokwane).

2. Tanieka Bent (Polokwane).

3. Jayden Bent (Polokwane).

Junior stockrods:

1. Jeandré Nortje (Bosveld).

2. Wian Jordaan (Bosveld).

3. Neo van der Merwe (Polokwane).

Stockrods:

1. Hennie de Koker (Polokwane).

2. Herman Nel (Bosveld).

3. MJ Bekker (Bosveld).

1660’s:

1. Heath Bent (Polokwane).

2. Dylan Bosch (Polokwane).

3. Francois Lewis (Polokwane).

2.1 liters:

1. Desmond Bosch (Polokwane).

2. Rudolf Durant (Polokwane).

3. Tienie Kloppers (Polokwane).

Pinto’s:

1. Boela Bekker (Bosveld).

Hotrods:

1. André Pienaar (Polokwane).

2. Jacques Cronjé (Polokwane).

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version