Local sportSport

Petie Nell: skopboks is sy lewe

Petie, te same met ander studente van die klub, het in Oktober verlede jaar aan die Natianal Martial Arts, International Sport Karate/Kickboxing (NMA and ISKA) in Stellenbosch deelgeneem.

POLOKWANE – Petie Nell (17) is ‘n jong man met groot drome. Hy beoog om later hierdie jaar as skopboks wêreldkampioen in sy Graad Kategorie aangewys te word.

“Ek doen nou sowat twee jaar skopboks by Limpopo Province Sport karate/Kickboxing Akedemie (LPSKKA) en geniet die sport baie. Ek wou dit eers net doen vir fiksheid, toe raak dit lekker en hou ek aan,” vertel hy kort voor sy eerste oefening vir die jaar 2017.

Petie, te same met ander studente van die klub, het in Oktober verlede jaar aan die Natianal Martial Arts, International Sport Karate/Kickboxing (NMA and ISKA) in Stellenbosch deelgeneem en as Suid Afrikaanse kampioen in sy afdeling geeindig, ‘n goue medalje wat die belangrikste van sy jong loopbaan sal bly.

“Die afdeling waarin ek deelgeneem het is ligte kontak geveg en ek het agt gevegte gehad voordat ek as kampioen gekroon was. Ek is huidiglik nog ‘n geel goldel, maar werk hard en hoop om my Oranje gordel te kry met die volgende Gradering.

Hy vertel dat daar niks maklik aan skopboks is nie en dat dit harde werk en fokus verg om elke oefen aand die nodige satisfaksie te kry. “Met elke toernooi weet ‘n mens nooit teen wie jy regtig gaan deelneem nie, en dit is altyd n ander ervaring om met van die beste in die land hande te skud. Een ding ons as skopboksers het is om altyd groot respek vir mekaar te hê en on is gewoonlik goeie vriende na ‘n Kompetiesie.”

“Die lekkerste van die Sport is om die moordende klasse te geniet en om terug te gaan vir nog, dit is wat n sport man of vrou doen as hulle regtig fiks wil word en bly. Die pyn na ‘n kompetisie is nie altyd baie aangenaam nie, maar dit is regtig die moeite werd as jy n kampioen wil wees. Skopboks help n student om na jouself om te sien sover dit by jou gesondheid kom, jou gewig in toom te hou, beter te konsentreer en ook met die nodige selfdisipliene wat so belangrik is.”

Petie Nell sê die pyn na ‘n kompetisie is regtig die moeite werd as jy n kampioen wil wees.
Petie Nell sê die pyn na ‘n kompetisie is regtig die moeite werd as jy n kampioen wil wees.

Hy vertel dat hy vreeslik seer en moeg was nadat hy in Stellenbosch die goue medalje gewen het, maar dat hy beoog om as wêreld kampioen terug te kom van Orlando af. Hy en nog skopboksers reis aan die einde van Julie na Florida waar hulle aan die ISKA 17 gaan deelneem.

“Ek is baie trots op Petie, hy is n geweldige harde werker en verdien die beste vertel sy Sensei, Nico Mybugh Senior.

Petie is in Gr.12 in Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en vertel dat hy ook aan die skool se landloop deelgeneem het. Verder fokus hy daarop om tyd in die gimnasiumm te spandeer en sy oefen program te volg vir dit wat skopboks van hom verwag. Petie mag maar ondersteun word vir die wat belangstel om sy droom ‘n waarheid te maak. Hy gaan nog diep spore in die sport nalaat.”

maretha@nmgrou.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button