Kleiduifskiet se Goliat

Pieter het tydens 2016 vele prestasies bereik wat gelei het tot sy kwalifisering vir die Wêreldkampioenskappe.

POLOKWANE – Die 16-jarige kleiduifskut, Pieter Greyling, het sy bedrewenheid bewys toe hy onlangs ‘n top 10 posisie tydens die Senior Kleiduifskiet Wêreldkampioenskappe behaal het.

Pieter het onlangs tyd in die VS spandeer waar hy saam met sy gesin deelgeneem het aan die kampioenskappe in Texas.

Pieter het tydens 2016 vele prestasies bereik wat gelei het tot sy kwalifisering vir die Wêreldkampioenskappe.

Hy het eers vroeër vanjaar aan die Junior Wêreldkampioenskappe deelgeneem, teen 500 ander skuts, waarna die Senior Kampioenskappe gevolg het.

Hiér het hy saam met ‘n span van vyf lede geskiet, waarvan dié jong skut die beste gevaar het deur algeheel ‘n agtste posisie uit ‘n totaal van 850 skuts te ontvang met ‘n 12 en 28 boor.

Pieter het met die 12 boor ‘n totaal van 149 uit 150 geskiet en in die 28 boor sy prestasies verder verbeter deur ‘n ongelooflike 200 uit 200 te skiet.

Wat Pieter se prestasies nog meer ongelooflik gemaak het is dat in Suid-Afrika, net ‘n 12 boor gebruik mag word terwyl daar tydens die Wêreldkampioenskappe in die VS met ‘n 12 boor, 28 boor, 200 boor en 410 boor geskiet was.

Pieter het na sy indrukwekkende prestasies tydens die Protea Prysuitdeling weer sy Senior Suid-Afrikaanse kleure ontvang.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ‘n junior skut senior kleure in dié sportsoort ontvang.

Die 2017-proewe vir nasionale kleure word tans geskiet en sal tot April duur.

Pieter het reeds die nommer een posisie losgeskiet.

calvyn@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version