Local sportSport

JJ beindruk met sy twee goue medaljies

JJ van der Merwe spog met die twee goue medaljes wat hy in twee afsonderlike 10 km padwedlope gewen het gedurende die Desember vakansie.

POLOKWANE -‘n Desember vakansie kan gewoonlik gesien word as ‘n tyd van rus, maar die talentvolle jong atleet, JJ van der Merwe, het besluit om gedurende sy Desember vakansie aan verskeie wedlope deel te neem.

JJ het aan die Pick n Pay 10 km wedloop in Wildernis deelgeneem en drie dae later aan die Palm Tyre 10 km wedloop in George. Hy het albei dié wedlope gewen asook sy persoonlike beste tye verbeter.

JJ het die Pick n Pay wedloop in ‘n tyd van 0:33,25 minute en die Palm Tyre wedloop in ‘n tyd van 0:32:45 minute voltooi.

“Ek is uiters tevrede met my tye in die wedlope, dit is sover my beste tye en wat dit nog meer merkwaardig maak is dat die twee wedlope slegs drie dae uitmekaar was. My persoonlike verbetering in die wedlope het my nou selfs meer gemotiveer om my beste in die 2017 seisoen te lewer,” vertel JJ.

Hy las by dat hy vanjaar gaan konsentreer om sy tyd t in die 5 000 m baanwedlope te verbeter. “Ek sal graag vir die Universiteit van Johannesburg (UJ) wil hardloop in ‘n tyd van 0:14,45 minute vir die 5 000 m. My langtermynplan is om teen volgende jaar die 5 000 m in ‘n tyd van 0:14,20 minute te hardloop en hopelik sodoende ‘n beurs los te hardloop om by ‘n universiteit in Amerika te gaan studeer.”

JJ verduidelik dat hy tans nog nie ‘n persoonlike beste tyd in die 5 000 m baanwedloop het nie, maar dat sy beste tyd vir die 5 km padwedloop 0:15,43 minute is.

KYK: JJ’s se boodskap aan al die jong atlete voor die atletiekseisoen:

calvyn@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button