Bosveld SportLocal sportSport

Potties rugby: hou dié kalenderdatums vas

Die Potgietersrus Rugbyklub het verlede jaar groot hoogtes bereik en hoop om hierdie jaar nog beter te vaar.

MOKOPANE – Namens die rugbyklub wil Renier Labuschagne, Voorsitter, almal bedank wat vir hulle ondersteuning en lojaliteit in 2016 verleen het.

Hy sê: “Ons bedank elke borg, elke ondersteuner, elke ma of pa, elke vrou wat hierdie manne op en af van die veld af ondersteun”.

Renier vertel verder dat nadat die liga afgehandel is daar ‘n definitiewe spasie vir die Limpopowenner sal wees om in die Gold Cup te gaan deelneem.

Hy sê dat hierdie ‘n wonderlike geleentheid sal wees vir die spelers om die land te sien en ook op televisie te speel.

As enigiemand belangstel om by die klub aan te sluit of hul te borg kontak vir Renier by 081 523 6491 of Leslie Venton by 071 481 9721.

Hier volg die datums van die wedstryde:

Boet Fick Senior Liga 2017 – Eerste rondte

• 8 April – Potties speel tuis teen Noordelikes

• 15 April – Potties speel tuis teen Rhinos

• 22 April – Potties speel weg teen Dendron

• 29 April – Potties speel weg teen LTT (Louis Trichardt)

• 6 Mei – Loslootjie

• 13 Mei – Potties speel tuis teen Letaba

• 20 Mei – Potties speel weg teen Mogol

• 27 Mei – Sub Unie

Boet Fick Senior Liga 2017 – Tweede ronde

• 3 Junie – Potties speel weg teen Noordelikes

• 10 Junie – Potties speel weg teen Rhinos

• 24 Junie – Potties speel tuis teen Dendron

• 1 Julie – Potties speel tuis teen LTT (Louis Trichardt)

• 8 Julie – Loslootjie

• 15 Julie – Potties speel weg teen Letaba

• 22 Julie – Potties speel tuis teen Mogol

• 29 Julie – Half-eindstryd

• 5 Augustus – Eindstryd

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button