Local sportSport

Jan Roets ‘n rots van ‘n man, afrigter

Enige persoon wat aan die wêreld van stoei en 'Mixed Martial Arts' (MMA) belangstel weet dat afrigter Jan Roets (46) en sy span hul op die 'regte pad' sal help.

POLOKWANE – Roets is al betrokke in die wêreld van “martial arts” vanaf die ouderdom van vier jaar waar hy begin het met karate by afrigter en legende, Danie Ludick. Tans is hy ‘n derde dan swart gordel en was hy al menige kere as Suid-Afrikaanse Kampioen gekroon.

Hy het ook aan jiu-jitsu deelgeneem en na skool geboks vir die Noord Transvaal,en aan skopboks deelgeneem. “Ek het my in laaste jaar van skool gestoei maar moes een van my sportsoorte opoffer omdat ek te besig geword het,” vertel hy. Dit was stoei wat hier in die slag gebly het.

Toe sy seun, Roedie drie jaar oud was, het Roets weer besluit om deel te wees van stoei en het afrigting aan geleer by stoeilegende, Ion Baciu. Nadat Roets begin afrig het, het hy sy Springbokkleure as afrigter ontvang en ook menige Suid-Afrikaanse kampioene ontwikkel. “Een van my stoeiers, Lucius van Rensburg, was ook die enigste Suid-Afrikaner wat ‘n brons medalje ontvang het tydens die Wêreldstoeikampioenskappe,” vertel hy trots. In die MMA wêreld het Roets en sy span ook talle sterre ontwikkel: een van die sterre sluit sy seun in wie gekroon was as die Wêreldamateurliggewigkampioen wie tans ook ‘n professionele MMA vegter is.

Vir die afgelope vyf jaar is Roets ‘n voltydse afrigter en vertel hy dat kinders en mense een van sy groot passies is. “Dit is belangrik vir my om kinders te leer om selfvertroue te ontwikkel en om in hulself te glo,” vertel hy. Hy sê dit is belangrik vir kinders om selfvertroue te ontwikkel en om te leer dat ‘n mens nie noodwendig ‘n probleem met jou vuiste op los nie, maar tog vir jouself opstaan en nie toelaat dat mense oor jou loop nie.

Hy se verder dat hy graag opkyk na sy vorige afrigters, Ludick en Baciu.

“Om saam met hulle te kon oefen en werk was ‘n groot voorreg vir my, hulle het my gehelp om my passie vir die sport te ontdek en ek sal vir ewig dankbaar daarvoor wees,” sê hy.

Tans is Roets steeds ‘n afrigter by sy stoeiklub, Ion Baciu Stoei Akademie.

calvyn@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button