Bosveld SportLocal sportSport

Skerm-guru vereer

Onder Uwe Schröder se leiding as afrigter het vyf van die klublede nasionale kleure in beide die junior en seniorafdeling verwerf.

MOKOPANE – ‘n Eretoekenning, genaamd die ‘Usus da caulas’ (service to fencing), is verlede Saterdag aan Uwe Schröder oorhandig vir sy onselfsugtige diens, opofferings en vir die vestiging en ontwikkeling van skerm in Limpopo oor die afgelope 20 jaar.

Schröder het die Eresabel Skermklub in Mei 1998 in Mokopane gestig en hy het ook met die stigting van twee klubs in Polokwane en een in Musina gehelp. Te danke aan hom is die Limpopo Skermers Assosiasie op die been gebring.

Onder Schröder se leiding as afrigter het vyf van die klublede nasionale kleure in beide die junior en seniorafdeling verwerf. Hy het ook sy kennis met ander afrigters gedeel en is onder meer ‘n nasionale skeidsregter in Degen. Die erkenning in Limpopo sluit nie sy totale 47 jare lange skermloopbaan in waar hy onder meer in die Vrystaat, asook internasionaal groot voetspore nagelaat het nie. Die Eresabelklub salueer Schröder vir sy bydrae tot die sport en bedank sy vrou, Emilige vir haar getroue ondersteuning.

Skermers van regoor Limpopo is tydens hierdie prysuitdeling by Hoeka Toeka vir hulle spogprestasies gedurende die jaar beloon. Andrew Howitt en Eben Wagner van die Eresabelklub het hulle provinsiale klere verwerf. Emile Sinclair van die Eresabelklub het die trofee vir mees belowendste skermer met Mckayla Nel van die Fire Birdklub in Polokwane gedeel.

Related Articles

Back to top button