Local sportSport

Jures maak groot impak

Polokwane liggaamsbouer, Jures Pieterse, het tydens sy eerste Suid-Afrikaanse Kampioenskappe 'n tweede plek verwerf.

POLOKWANE – Jures het onlangs deelgeneem aan die World Fitness Federation (WFF) National Amateur Bodybuilders Association (NABBA) Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Pretoria plaasgevind het.

Dit was Jures se eerste deelname aan ‘n Suid-Afrikaanse Liggaamsboukompetisie maar hy het steeds ‘n impak gemaak toe hy ‘n tweede plek in die Atletiese Liggaamsbou kategorie verower het.

“Dit was ‘n groot verrassing vir ons toe ek ‘n tweede plek ontvang het, dit het baie beter gegaan as wat ons verwag het,” vertel hy.

Jures het verder gekwalifiseer vir die International Federation of Bodybuilding and Fitness (IFBB) Wêreld Kampioenskappe, maar sê dat hy wel eers later daaraan sal deelneem omdat hy voel dat hy nog nie ‘n groot genoeg impak daar sal maak nie.

Jures gaan in die Muscle Evolution tydskrif verskyn en mik tans om volgende jaar te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Arnold Classics.

Verder se Jures dat sy prestasies alles te danke is aan die ondersteuning wat hy ontvang het en hy wil graag dank betoon aan Donovan Suddes wat hom gehelp het met sy voorbereiding vir die kompetisie, asook sy ouers, familie en Nashua Limpopo, wat hom ook ondersteun het.

“Ek wil veral dankie sê aan my verloofde, Claudette Richards, vir haar ondersteuning. Sy is my rots en het my gehelp om deur die streng dieet en oefeninge te druk,” sê Jures.

calvyn@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button