Bosveld SportLocal sportSport

HPP-ryers eindig onder voorstes

Hoewel die meeste spanne elk met sowat 12 fietsryers gespog het, het Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se vier lede tussen die voorste spanne geeïndig in die Spur Skolebergfietskampioenskappe.

MOKOPANE – Die finaal is verlede naweek by Hoërskool Bekker in Magaliesburg gehou met sowat 500 trappers en HPP se span het 28ste uit 45 seunsspanne geeïndig.

Hein du Plessis, organiseerder en afrigter van HPP, sê daar was ryers van regoor Suid Afrika, Namibië en Zambië wat deelgeneem het aan hierdie aksiebelaaide kompetisie.

Hy las by dat vanjaar se standaard besonder hoog was.

HPP se prestasie is uitstekend. Hulle het die skool en Limpopo verteenwoordig.

Arno Smit, Carel Smit, Eldric Bekker en Brandon Janse van Vuuren het die geleentheid gehad om met twee van die Spurspan se lede, James Reid en Ariane Kleinhans, te gesels.

Hulle sê hulle is vreeslik opgewonde en gemotiveerd vir die nuwe jaar en sien uit na ‘n goeie fietsryseisoen.

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button