Top swemmers van formaat

Die Northern Tigers Swimming (NTS) Interprovinsiale Gala het verlede Vrydag en Saterdag by die Hillcrest Swembad in Pretoria plaasgevind.

MOKOPANE – Agt swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het Limpopo verteenwoordig.

Immeré Botha, Bernice Laboff, Raymond Kockott, Heinrich Strydom, Mornè van der Bank, Ruben Glover, Anel de Vos en Franco Botha het die klub en die provinsie se naam hoog gehou.

Raymond Kockott spog met ‘n derde plek in die 400 m vryslag en in die 100 m vryslag, ‘n vierde plek in die 50 m vryslag, asook in die 100 m vlinderslag.

Heinrich Strydom het ‘n derde plek in die 200 m rugslag behaal, Ruben Glover het ‘n vierde plek in die 200 m vryslag en sesde plek in die 400 m vryslag behaal.

Anel de Vos pronk met ‘n vyfde plek in die 100 m rugslag, 200 m rugslag en 800 m vryslag asook met ‘n sesde plek in die 400 m vryslag.

Franco Botha verwerf ‘n derde plek in die 200 m vlinderslag, ‘n vierde plek in die 200 m rugslag en 1500 m vryslag en ‘n vyfde plek in die 100 m rugslag.

Exit mobile version