4×4 renbaan aksie
Die Limpopo 4x4 Mini Challenge Pretdag het Saterdag by die 4x4 baan plaasgevind.
POLOKWANE – Die weerstoestande was ideaal vir die pretdag waar 4×4 motoriste al vroegoggend die stof laat staan het.
Daar was ‘n reeks uitdagings vir al die deelnemers. Die kompetisies was in verskeie 4×4-klasse verdeel.
Die uitslae:
Gewysigde Klas:
• Eerste plek – Japie van Staden.
• Tweede plek – Bernard Ratmore.
• Derde plek – Reino Janse van Vuuren.
• Vierde plek – Thomas Swanepoel.
Standaard Klas:
• Eeste plek – Alwyn Groblaar.
• Tweede plek – Louwrens Britz.
• Derde plek – Chris Smit.
“Dit was ‘n heerlike dag van 4×4-pret.
“Ek glo almal wie deelgeneem het en al die toeskouers het die dag baie geniet,” vertel Martin Groenewald, organiseerder van die geleentheid.




