Tour de Pot sorg vir trap, draf en stap

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het vanjaar weereens hulle jaarlikse tradisie, die Tour de Pot, met sweet en moed op 17 Augustus aangedurf met groot sukses.

MOKOPANE – Fietsryers, drawwers en stappers van HPP sowel as ander skole en uit die gemeenskap het saam aan die pret kom deelgeneem.

Die fietryers het ‘n afstand van 18 km gery en die drawwers en stappers het 8 km afgelê.

Die volwasse wenner van die fietsryers was Carmen Schoeman. Die senior seunsfietsryer eerste oor die wenstreep was Carel Smith en die senior meisiefietsryer was Wilma Nel. Onder die drawwers het Pontsho Ngobeni ‘n eerste plek verower met Jessica Matjiu as die eerste meisie wie klaar gemaak het, Die wenklas was die gr. 11 A’s.

lionel@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version