HPP is Beeldtrofee wenners!

Vandeesweek loop Hoërskool Piet Potgieter waarnemende hoof, Cas Badenhorst, sy leerkragte en leerders breëbors want dit is die eerste keer sedert 1986 dat die skool die trofee huistoe kon bring.

MOKOPANE – In die doodsnikke van die eindstryd om die Beeldtrofee vir mediumskole het HPP se o/15-rugbyspan koning gekraai met ‘n wendrie wat die telling na 22-20 geskuif het teen Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal.

Dit was ‘n naelbyt-eindstryd in Vryburg met Mogaka Masemane wat in die laaste minuut die bordjies verhang het met ‘n prag drie. Mogaka wat as heelagter uitgedraf het, sê beskeie as dit nie vir sy spanmaats se ondersteuning was nie, sou hy nie kon oorduik vir die wendrie nie.

Die flank, Siphiwe Tjale, is met sy puik spel na die wedstryd deur een van die borge beloon met ‘n kontantbedrag van R750.

Die span is ook vanjaar die Limpopo kampioen.

Bosveld praat met die afrigters. Lees meer in Bosveld Review

 

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version