Raak só ontslae van al die wintervetjies

'n Nuwe manier van oefen om ontslae te raak van die winterrolletjies het nou sy kop uitgesteek in die Mokopane.

MOKOPANE – Gymx is ‘n program wat ontwikkel is om die gewone mens wat nie hulle hele lewe lank geoefen het om akrobatiese bewegings te doen nie, ‘n gesonde lewenswyse te bied, sê Richard Marshall wat aan hoof staan van hierdie program.

Hy vertel Gymx help met koördinasie, krag, asook selfvertroue en versterking teen beserings. “Dit is ‘n baie maklike manier om gesonde, sterk spierweefsel te bou en so bietjie van daardie vakansie- vetjies ontslae te raak.”

Een van die hoof fokuspunte is hoe ‘n mens jou lyf kan beheer in verskillende situasies, byvoorbeeld op ‘n paal in die lug, op ‘n swaaiende tou of tussen twee ringe.

Hierdie soort oefening wat ook in die buitelug beoefen kan word, sorg dat ‘n mens sterk en noodsaaklike spierweefsel bou sonder om te veel onnodige gewig op te tel.

Richard sê sy doel met die Gymx is om mense se lewens te verryk deur hulle in staat te stel om hulself fisies en geestelik deur oefening te verryk en dit wat hulle gedink het onmoontlik is, te verwesenlik. Die program is in drie fases verdeel naamlik kondisionering, vaardigheids-en roetineontwikkeling.

Oefentye is Maandae tot Donderdae vanaf 17:00 by die RET sentrum op die hoek van Geyser- en Fouriestraat. Vir navrae, kontak Richard by 082 867 9522.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version