Local sportSport

Langasem-ruiter verwerk haar Suid-Afrikaanse kleure

René Olivier was onlangs gekies vir die Suid-Afrikaanse liggewig uithouritspan wat in Namibië tydens die Afrika uithouritkampioenskappe in Augustus die land gaan verteenwoordig.

POLOKWANE – Die Suid Afrikaanse liggewig uithouritspan bestaan uit vyf van die land se top uithouritruiters. Die ruiters se kompetisieuitslae oor die laaste drie jaar word in ag geneem en daarvolgens word die top ruiters vir die Suid-Afrikaansespan gekies.

Na ‘n lang tydperk en baie harde werk en toewyding het René ‘n sesde plek tydens die Suid-Afrikaanse uithourit- kampioenskappe verower.

“Ek en my perd ry nou al vir drie jaar saam en ek glo hy het nou sy hoogtepunt bereik.

“Ek glo ons gaan hierdie jaar besonder goed doen tydens die Afrika uithouritkampioenskappe,” vertel René. Alhoewel sy al verskeie kere Limpopokleure verwerf het, sê sy hierdie is die eerste keer dat sy haar Suid-Afrikaansekleure ontvang het.

“Ek is uit my vel van opgewondenheid en ek sien baie uit daarna om vir die eerste keer my Suid-Afrikaansekleure aan te trek. Dit is vir my ‘n groot eer om die land te verteenwoordig en ek vertrou dat dit baie goed sal afloop.”

calvyn@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button