Local sportSport

Potties soek wentrofee

Potties Rugbyklub se eerstespan is na nege wedstryde steeds onoorwonne in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fick Seniorliga.

MOKOPANE – Potties Rugbyklub se eerstespan is na nege wedstryde steeds onoorwonne in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fick Seniorliga met die heersende kampioen Pietersburg Noordelikes wat reeds twee wedstryde verloor het.

Louis Trichard is tans tweede op die punteleer en die span van Letaba derde.

Die puntestand in die seniorliga is as volg:

Potgietersrus 45, Louis Trichard 28, Letaba 26, Loskop 19, Universiteit van Venda 15 gevolg deur Noordelikes 14 en Mankweng wat geen punte het nie.

In die liga vir die tweedespanne loop Dendron voor met Loskop en Noordelikes op hulle hakke. Noordelikes is voor in die derde liga, gevolg deur die Universiteit van Venda en die Universiteit van Limpopo wat in ‘n tawwe stryd gewikkel is vir die tweede plek.

Related Articles

Back to top button