Martinique Potgieter is sterker as tevore

Martinique Potgieter is vir twee jaar geskors uit enige sportkompetisies nadat sy in die 2014 Comrades Marathon positief getoets het vir verbode middels.

POLOKWANE – Die steratleet is nou reg om te bewys dat sy een van Limpopo se top atlete is en is hard besig om te oefen in voorbereiding vir die 2017 Comrades.

“Ek voel definitief soos ‘n sterker atleet, en ek het baie geleer, ek voel dat ek emosioneel sterker is en ek sien uit daarna om weer te kan deelneem,” sê Potgieter.

“Ek is regtig bly om weer terug te wees en ek oefen hard vir volgende jaar se Comrades,” vertel Potgieter.

Sy sê verder dat die oefening tydens haar af tyd wel moeilik was omdat sy partykeer ongemotiveerd gevoel het.

“Dit was moeilik om hard te oefen as jy weet jy kan nie deelneem aan eninge marathonwedlope nie, maar my familie en my vriende het my bygestaan en gehelp dat die twee jaar vir my baie vinning verby gaan,” verduidelik Potgieter.

Sy oefen tans onder die afrigting van die bekende atleet, Johan van der Merwe en sal in Augustus aan die Exxaro Mogol Marathon deelneem, haar eerste marathon in twee jaar.

“Ek glo sy is definitief terug en reg om haarself te bewys, ek glo sy sal ‘n top vyf plek behaal in die Comrades en ook ‘n top 10 plek in die Twee Oseane Marathon, sy hardloop baie goed en oefen baie hard,” sê Van der Merwe. “Ek voel baie opgewonde om weer te kan deelneem en ek is baie dankbaar vir my familie en vriende wat my bygestaan het,” sê Potgieter.

 

Lees meer:

Banned substance: athlete fails test

calvyn@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version