Local sportSport

Crossfit Firebox nou ‘n familiesport

CrossFit Firebox Kids is nie 'n afgewaterde weergawe van CrossFit vir volwassenes nie, maar is direk op die kind se ontwikkeling gefokus.

POLOKWANE – Jackie Rabe het ‘n gaping in die mark gesien na sy by haar seun Franco se CrossFit Firebox begin oefen het… na die gepaste kursusse het sy CrossFit Firebox Kids in Januarie 2015 geopen.

Kinders van 3 tot 14 jaar oud word in verskillende klasse geakkommodeer. Daar is klasse in die middae en ook terwyl die ouers in die aande oefen. Sodoende kan die hele gesin saam CrossFit. Elke kind oefen volgens sy vermoë en is net in kompetisie met hom/haar self.

“Klasse bestaan uit opwarming, tegniek, oefensessie van die dag en dan maak ons klaar met ‘n lekker speletjie. Pret is die wagwoord sodat kinders ‘n liefde kan kweek vir oefen,” bieg Rabe.

“Ons promoveer ‘n gesonde lewenstyl, verhoog positiewe self- persepsie, bemoedig spanwerk, leer kinders om geduldig te wees, ontwikkel leervermoë, verbeter skoolpunte en moedig ‘n positiewe houding aan. Die kinders leer nie ‘n sport-spesifieke tegniek nie. Sukses is gebasseer op prestasie nie vergelyking nie,” verduidelik Rabe.

CrossFit ontwikkel akkuraatheid, balans, behendigheid, koördinasie, spoed, krag, soepelheid, stamina en respiratoriese uithouvermoë. CrossFit verskil met elke sessie en bevat bewegings wat in daaglikse aktiwiteite gebruik word. Dit is goeie oefening vir jou hart en ontwikkel ook neurologiese vaardighede en fisiese fiksheid.

Crossfit Firebox Kids is die enigste geaffilieerde CrossFit Kids program in Polokwane en Jackie vertel dat sy graag die skole wil betrek. Groepe kan ook ‘n klas vir spanbou, fiksheid of selfs ‘n CrossFit partytjie bespreek. Vir meer inligting, kontak Jackie by 082 555 3927

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button