Potties se fikse atlete wys ander hoe

Daar is steeds geen keer aan die atlete van die Potties Atletiekklub en hulle draf die land behoorlik aan die brand

MOKOPANE – Gustav van der Merwe en Daleen van Zyl het hul staal verlede Saterdag tydens die tweede Mall of the North Marathon se 10 km stap gewys en ‘n silwer – en ‘n goue medalje ingepalm.

Meer as tien ander lede van die klub het ook aan die onderskeie marathons (42, 2 km, 21, 1 km, 10 km en 5 km) deelgeneem en kookwatertye behaal. Van die lede gaan die naweek die immergewilde Loskopdam-marathon aanpak ter voorbereiding van die 91ste Comrades Marathon wat die jaar op 29 Mei plaasvind.

 

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version