Limpoposkole se swemkampione

Vier swemmers van die stad het na die Limpoposkole Swemkampioenskappe as kampioene teruggekeer.

POLOKWANE – Vier swemmers van die stad het na die Limpoposkole Swemkampioenskappe as kampioene teruggekeer.

Die kampioenskappe het by die Tzaneen munisipale swembad op 16 en 17 Oktober plaasgevind.

Die swemmers van Polokwane wat presteer het is:

• Ayden Jordaan van Laerskool Pietersburg-Oos het 10 goue medaljes en een brons medalje ontvang; hy is ook aangewys as die junior Victor Ludorum van die kampioenskappe.

• Ude Fuchs van Hoërskool Pietersburg (PHS) het 15 goue medaljes verower en is aangewys as die senior Victor Ludorum van die kampioenskappe.

• Sule van der Merwe van PHS het 11 goue medaljes en twee silwer medaljes verdien, en sy is ook aangewys as die senior Victrix Ludorum van die kampioenskappe.

• Marjone de Beer van Pietersburg Laerskool het ses goue medaljes, een silwer medalje en twee brons medaljes ontvang en sy is ook as die junior Victrix Ludorum van die kampioenskappe aangewys.

Exit mobile version