Ude verken dieper waters in Asië

Ude Fuchs, Polokwane swemmer, hou die provinsie se naam hoog.

POLOKWANE – Kleiner sportsoorte in Limpopo bly groei en Ude Fuchs, Polokwane swemmer, hou tans die provinsie se naam in die water hoog.

Dag een van die vyfde Fédération Internationale De Natation (FINA) se Wêreld Junior Swemkampioenskappe het vandeesweek in Singapoer afgeskop. Ude is deel van die groot Suid-Afrikaanse aantal swemmers wie dit in die bad uitspook. ‘n Altesaam 700 swemmers van 87 lande neem aan die gesogte kampioenskappe deel.

Ude het aan drie items deelgeneem. In die vryslagaflos 4×100 m het hy en sy span 15de gekom in ‘n tyd van 3:31,68. In die 100 m borsslag was hy 24ste in ‘n tyd van 1:04,65 en in die 100 m rugslag was hy 37ste in ‘n tyd van 58:54.

Die kampioenskappe eindig op 30 Augustus.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Exit mobile version