Bosveld SportLocal sportSportUpdate

Dié 2 hou Mokopane trots in Bosnië

NA harde werk en lang ure se oefening op die stoeimat en in die gymnasium kan hierdie twee die vrugte daarvan pluk.

MOKOPANE – NA harde werk en lang ure se oefening op die stoeimat en in die gymnasium kan hierdie twee die vrugte daarvan pluk.

Marie Oosthuizen, ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Hans Strijdom, en Monique Venter, ‘n gr. 9-leerder van Hoërskool Piet Potgieter, se tasse gepak en hulle is reg om die komende Saterdag te vertrek na Sarajevu, Bosnië waar hulle Suid-Afrika by die Wêreld Kadette Stoeikampioenskappe gaan verteenwoordig.

Beide van die belowende jong stoeiers is dankbaar vir die gemeenskap se bydrae wat dit vir hul moontlik gemaak het om hul vernuf by die Wêreld Stoeikampioenskappe te gaan bewys en hoop om met goud terug te keer.

Bosveld is trots op die twee boorlinge van Mokopane en wens hul voorspoed toe op hierdie ongelooflike avontuur.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button