Jukskeitoernooi vir oud en jonk

Die Pietersburg ope-jukskeitoernooi is Saterdag in die stad aangebied met plaaslike spanne wat kom deelneem het.

POLOKWANE – Die Pietersburg ope-jukskeitoernooi is Saterdag in die stad aangebied met plaaslike spanne wat kom deelneem het.

Hulle het slag gebied teen verskeie besoekende spanne sover as van Thabazimbi en ‘n nuut gestigde klub van Bela-Bela, die Bush Baby’s van die Waterberg distrik.

Hier is die afdelings-uitslae en punte van die toernooi.

A-afdeling:

• Tarentale span – 35.

• Thabazimbi A span – 34,5.

• Pietersburg A span – 29,5.

B-afdeling:

• Adri span – 36,5.

• Pietersburg B span – 14,5.

C1-afdeliing:

• Bush Baby’s – 55,5.

• HTS Tom Naudé – 46.

• Tarentale C1 span – 36.

C2-afdeling:

• Soutpan C2 span – 57.

• Dendron Seunsspan – 48.

• Sonete Venter C2 span – 34,5.

C3-afdeling:

• Laerskool Pietersburg-Oos – 36,5.

• Laerskool Pietersburg, Dendron gemengde span – 33,5.

• Dendron Meisiesspan – 28.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version