Vlieëniers sprei hul vlerke

DIE Potties Vliegklub se lede het verlede Saterdag met hul mikroligte vliegtuie na Modimolle gevlieg waar die jaarlikse "Taildraggers" gehou is.

MOKOPANE – DIE Potties Vliegklub se lede het verlede Saterdag met hul mikroligte vliegtuie na Modimolle gevlieg waar die jaarlikse “Taildraggers” gehou is. Daar was vanjaar meer as 150 vliegtuie bymekaar, sê Nico Willemse van die klub.
Die vlieëniers het heerlik saam geëet en gekuier voordat daar laatmiddag teruggevlieg is. Die “Taildraggers” is ‘n hoogtepunt op die klub se kalender en die lede kry sodoende kans om met ander vlieëniers saam te gesels wat dieselfde belangstelling deel.
Ander hoogtepunte is die “Kitty Hawk” wat in Februarie gehou is en die Afrika-beker op Hazyview in September. Die klub het ook sy eie “Fly-Inn” op 7 November waar die hele land se vlieëniers saamtrek. Dit is lekker om een van die bedrywigste klubs in die land te wees, sê Willemse.

Pa en seun in die lug. Nico Willemse en sy seun, Nico (jnr.) van die Potties Vliegklub.
Gawie Labuchagne geniet sy rit.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version