Stad se Albatrosse wen saamtrek vir die eerste keer in 31 jaar

Die Pietersburg Albatross Gholfklub het onlangs aan die Nasionale Albatrosse saamtrek deelgeneem in Johannesburg.

POLOKWANE – Die Pietersburg Albatross Gholfklub het onlangs aan die Nasionale Albatrosse saamtrek deelgeneem in Johannesburg.

Hulle het op die South Down-gholfbaan en die Eye of Africa-gholfbaan gespeel waar hulle vir die eerste keer sedert 1984 gewen het.

Die Albatrosse is ‘n gholfkampioenskap waarin Afrikaanssprekendes bevorder word. Daar is 16 spanne regoor die land wat deelneem aan die kampioenskappe waarvan die Pietersburg Albatross Gholfklub die enigste Albatross-gholfklub in Limpopo is.

“Ons probeer ten minste eenmaal ‘n week op verskillende bane in die provinsie speel, maar ons oefen die meeste van die tyd by die Polokwane Gholfklub,” sê Dirk Botha, die voorsitter van die Pietersburg Albatross Gholfklub.

“Ek wil net sê ek is verskriklik trots op die manne.

“Elke man het sy kant met lof gebring en ons het baie goed gedoen,” sê Botha.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version