Local sportSport

Area 51 beïndruk by hulle vliegdag

Die Area 51 modelvliegtuig-klub het gesorg dat daar ietsie vir almal was by Saterdag se vliegdag.

POLOKWANE – Die Area 51 modelvliegtuig-klub het gesorg dat daar ietsie vir almal was by Saterdag se vliegdag.

Klubs so ver as Klerksdorp het gekom om die dag saam te geniet en hulle modelvliegtuigies ten toon te stel. Daar was van groot tot klein vliegtuie en amper alles tussenin.

Emile Hiestermann was een van die vele lede wat sy vliegvernuf gewys het. Kort na die opstyg van sy vliegtuig het die vliegtuig dadelik onderstebo gevlieg en het dit gelyk of daar fout is. Die toeskouers het na hulle asem gesnak en oë toegeknyp, maar net voor die vliegtuig heeltemal terug aarde toe tuimel, het Emile hom reggetrek.

Dit was als net ‘n toertjie om die toeskouers te vermaak!

Daar was verskeie kompetisies tussen die modelvliegtuie met tot vier op ‘n slag in die lug, gemaklike braaigeriewe waar daar heerlike vleis op die kole gegooi is en ‘n gesellige atmosfeer vir almal om te geniet by die vliegdag.

Een van die groot trekpleisters was die groot ‘Stick’ met ‘n vlerkspan van 3,8 meter en ‘n 222cc enjin.

“Ons reël hierdie dag nie net vir die vlieëniers om te geniet nie, maar ook vir die toeskouers. Dit is baie lekker vir ons om te sien dat daar so baie mense gekom het vandag,” sê Pieter Bornman, Area 51 RC Flyers modelvliegtuigklub se voorsitter.

 

New pilots get a chance to fly

His love for photography reaches new planes

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button