Editor's noteLocal sportSport

‘n Duik-avontuur

In Junie het ‘n groep duikers van die Fins and Boots Club kans gekry om hulle Confédération Mondiale des Activités Subaquatiques (CMAS) een-ster en twee-ster kwalifikasies te voltooi.

POLOKWANE – In Junie het ‘n groep duikers van die Fins and Boots Club kans gekry om hulle Confédération Mondiale des Activités Subaquatiques (CMAS) een-ster en twee-ster kwalifikasies te voltooi.
LJ Gerber en Wim Croucamp het hul een-sterkwalifikasie gedoen. Johan Oosthuizen, Ben Jordaan en Andre van Aswegen het hul meer gevorderde twee-sterkwalifikasies gedoen. Hierdie kwalifikasies gee die lede die reg om op enige plek in die wêreld te kan duik.
Review het met plaaslike instrukteurs, Andre Fouche, Caleb Jordaan en Attie Vermaak gepraat om meer uit te vind oor hierdie sport en hul verskeie toere oor die wêreld.
“Ons klub het in 1995 begin en ons het tans 80 aktiewe lede regoor die land. Ons doen talle duike, meeste van die tyd as ‘n sosiale aktiwiteit en soms ook as sport,” vertel Andre. Die Fins deel van die Fins and Boots club verteenwoordig die scuba-duik, en die Boots verteenwoordig die stap, klim en avontuur.
“Ons het in September in Malta gaan duik, in Mei het ons  die gemeenskap te help deur ‘n sleepwa en Honda enjin uit die Ebenezer dam uit te duik, in Junie het die ander lede in Mauritius gaan duik en nog vele meer tussen in,” sê Caleb. Die groep gaan gereeld op verskeie ekspedisies en duik selfs tussen skeepswrakke en seediere. Die groep het ook al twee keer die afgelope jaar by Miracle Waters gaan duik. Hulle reis in Augustus na Mosambiek om daar te gaan duik en in September reis hulle na Griekeland.
Die plaaslike lede van die klub oefen tans in ‘n swembad wat tot drie meter diep is en spesiaal gemaak is vir hierdie doel.
“Dit is ‘n asemrowende ervaring om te gaan duik en die natuur in te neem, mens kan dit net nie met enige iets vergelyk nie,” sê Andre.
“Om te duik het my baie verander, dit het my baie rustig gemaak. Dit is my ware liefde en in die water voel ek tuis,” vertel Caleb.
Die instrukteurs moedig almal aan wat sou belangstel om te duik om by hul klub aan te sluit.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button