Local sportSport

Ude kry kans van ‘n leeftyd

Ude Fuchs (17), 'n leerder aan Pietersburg Hoërskool (PHS), is op pad na Singapoer om deel te neem aan die junior wêreldswemkampioenskappe.

POLOKWANE- Ude Fuchs (17), ‘n leerder aan Pietersburg Hoërskool (PHS), is op pad na Singapoer om deel te neem aan die junior wêreldswemkampioenskappe.

Ude het vroeër die jaar deelgeneem aan die vlak 3 Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe, hier het hy kwalifiseer om aan die Fédération Internationale de Natation (Fina) wêreldswemkampioenskappe deel te neem.

“Ek voel dat dit baie goed gegaan het by die Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe, ek dink ek het die beste nog sover daar geswem,” sê Ude.

Ude swem al vir die afgelope 11 jaar, het al talle medaljes met sy swemtalent verwerf, en sê dat hy graag ‘n professionele swemmer wil word.

Sy grootste dryfkrag vir sy swemloopbaan is sy held, Michael Phelps, die uitmuntende Olimpiese swemmer wat sover al 22 Olimpiese medaljes verower het.

“Michael se leuse is ‘hoe meer jy droom en doen, hoe meer sal jy bereik’, dit het my bygebly en dis my inspirasie om altyd hoog te mik,” sê Ude.

Daar was slegs 12 swemmers uit die hele land gekies vir die Fina wêreldswemkampioenskappe wat Ude se prestasie nog meer indrukwekkend maak.

“Ek is baie trots op Ude hy het ongelooflik hard gewerk daarvoor en dit is ‘n besonderse prestasie,” sê Douggie Eagar, Ude se swemafrigter by Eagar Aquatics.

Ude sal van 25 tot 29 Augustus aan die wêreldswemkampioenskappe deelneem wat in Singapoer gaan plaasvind.

“Ek is regtig baie bly en trots om so ver te kon kom, dit is my eerste keer wat ek gekwalifiseer het en dit is my beste prestasie in swem tot dusver, ek is baie trots daarop. Ek sal later probeer om te kwalifiseer vir die 2016 Olimpiese spele, maar glo ek is nog te jonk en stadig, ek werk ook hard om te kwalifiseer vir die 2020 Olimpiese spele, ek glo dat ek ‘n baie goeie kans staan,” sê Ude.

Ude oefen tans 10 keer ‘n week, soggens en saans, speel graag videospeletjies en bly fiks en gesond deur te oefen in sy vrye tyd.

Hy word tans geborg deur Speedo.

Die tyd om te kwalifiseer vir die Olimpiese spele in 100 m vlinderslag is 52.36 sekondes en in die 200 m vlinderslag 1:56.97 minute, Ude swem tans die 100 m vlinderslag in 55.94 sekondes net 3.58 sekondes onder die kwalifiserende tyd en die 200 m vlinderslag in 2:05.55 minute, net minder as 10 sekondes onder die kwalifiserende tyd.

“Swem is ‘n deel van lewe vir my, in die water voel ek tuis,” sluit Ude af.

 

Staan opsy Chad, hier kom Ude

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button